Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 16 November 2016

Nuwe inwoner gaande oor heerlike atmosfeer

Isabel Venter het onlangs in E55 ingetrek. Sy huur die eenheid van Ramona Wessels. Ramona is die ouma van Protea-kaptein, A B de Villiers.

Isabel Venter
Hierdie sprankelende vrou het voorheen in Clubview, Centurion, gewoon en op aanbeveling van haar seun, Johan Swart (E87), hierheen verhuis. Sy kan nie uitgepraat raak oor die heerlike atmosfeer wat in ons oord heers nie. Die vriendelike inwoners, die stilte en die netjiese terrein maak dit vir haar sommer baie lekker om hier te woon.

Isabel is 73 jaar gelede in Roodepoort gebore. As jong kind het sy en haar gesin egter na Luanshya, Zambië, getrek waar sy grootgeword het. In 1960 het sy die Cambridge Matric Certificate aan  die Luanshya High School verwerf. Later het sy verskeie kurusse gevolg, o.a. in rekenaars en vertaalwerk.

Nadat sy en Charles Swart (nou oorlede) getroud is, het hulle na Phalaborwa verhuis waar hulle ‘n suksesvolle vervoeronderneming op die been gebring het. Later het hulle ook ‘n plaas in die Hoedspruitdistrik aangeskaf. Sy was hoofsaaklik verantwoordelik vir die rekeningkundige gedeelte van hulle ondernemings.

Isabel het drie kinders en ses kleinkinders.

No comments:

Post a Comment