Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 6 February 2022

‘n Voorteken van reën?

Die pienkkleurige stormlelie, oftewel “flower of the west wind” is  ̓n algemene gesig in ons oord – veral gedurende die reënseisoen.

Sommige inwoners beskou dit as  ̓n voorteken van reën. Maar is dit so?

Ons het die internet geraadpleeg en vasgestel dat hierdie bol-agtige meerjarige plant inderdaad  ̓n aanduiding is dat reënweer in aantog is, alhoewel dit nie 100% betroubaar is nie.

Kenners is van mening dat die blomproses van die stormlelie waarskynlik deur volgehoue hoë voggehalte van die lug en die gepaardgaande verandering in die lugdruk gestimuleer word.

No comments:

Post a Comment