Philip en Ingrid van den Berg, direkteure van die
uitgewersmaatskappy HPH Publishing, het onlangs ‘n stapel van hulle
pragpublikasies aan die oord se biblioteek geskenk.
| Philip en Ingrip van den Berg oorhandig die boeke aan Hester Botes. Hester behartig die oord se biblioteek reeds elf jaar lank. |
Philip en Ingrid woon in ons oord.
Nadat die Van den Bergs die onderwys in 1997 vaarwel toegeroep het, het hulle hulle op hulle liefhebbery, wildlewe-fotografie, toegespits.
Nadat die Van den Bergs die onderwys in 1997 vaarwel toegeroep het, het hulle hulle op hulle liefhebbery, wildlewe-fotografie, toegespits.
Kort voor lank het hulle gesoek na 'n uitlaatklep vir hulle allemintige skeppeningsvermoë en siedaar: HPH Publishing. Hulle seun, Heinrich, is die besturende direkteur. Hy is self n bekroonde foto-joernalis wat reeds talle plaaslike en internasionale toekennings ontvang het.
Sedert 2002 het die maatskappy reeds meer as 35 hoëgehalte-koffietafelboeke gepubliseer wat hoofsaaklik op die interaksie tussen plant en dier fokus.
Klik HIER om die HPH Publishing-webtuiste te besoek.
No comments:
Post a Comment