Oom Berend Wierenga
(#34), ons oord se oudste en een van sy mees gerespekteerde inwoners, het op 8 Junie sy vyf
en negentigste verjaardag gevier.
Oom Berend Wierenga |
'n Groot getal familie het hom eers op 'n heerlike middagete by 'n plaaslike restaurant
getrakteer. Later het die vriende en bure bygekom toe tee en versnaperinge in
Die Nes voorgesit is. Hier is daar tot laatmiddag kopstukke gesels.
Oom Berend en vier van sy vyf dogters |
[Hierdie webjoernaal
het op 3 Desember 2013 'n berig oor hierdie merkwaardige man geplaas. Klik HIER
om die berig te lees]
No comments:
Post a Comment