Wie se 'n mens is te oud om blommemeisies te wees! Cathy Fourie van E115 se kleinseun en sy aanstaande het die wonderlike gebaar gehad toe hulle in Januarie getroud is, om hul oumas as blommemeisies te gebruik.
Dit wil gedoen wees.
Dit was sowaar 'n jolige affere. Almal was gemoedelik, die kos was heerlik en feitlik almal was in iets met rooi getooi. Maskers was die toegang tot die okkasie en almal het prettig saam gespeel.
Aan Esta en al haar funkise groep helpers moet ons 'n pluimpie gee en ek glo almal sal saaamstem dat dit baie goed gereel was. Almal het die baie geniet en van die ou lywe het ook nogal saam gedans met die musiek wat verskaf was.
Ons sien uit na die volgende funksie en glo dit gaan net so puik wees.
Die tafels keurig gedek
Die Organiseerderpaar
Ons Finansiele BK Lid was ook daar!!
Na bykans 13 jaar in die Admin Kantoor van Renaissance het Jackie seker min bekendstelling nodig.
'n Regte besige bytjie is sy beslis. Hier onder is haar storie.
1 April 2010, letterlik ‘n dag voor my verjaarsdag,
kry ek ‘n pos by Warmbad Renaissance. Nooit het ek gedink ek sal met
groot kinders moet werk nie……(😊) Renaissance is vir my soos my ouerhuis.
Ek verlang maklik tydens Desember so erg dat ek ‘n daggie steel om hier te kom
sit en net die gevoel van ouerskap te ervaar.
Ek is baie lief vir motorfiets ry, tuinmaak,
oefen en herwinning is my passie. Ek is ma van 3 kinders: 25, 23 en 20 jaar oud. My twee
kleinkinders is natuurlik die liggies in my lewe.
Ek is Desember 2009 gediagnoseer met 3de fase servikale kanker. Ek het dit
oorleef, dit is my laaste kans en dit het my laat besef dat ek elke liewe dag
voluit moet lewe asof dit my laaste is.
Aan die kinders van al hierdie ouers wil ek
dankie sê dat ek hulle ouers met hulle kan deel. Die gesin waarin ek
grootgeword het is almal in die hemel - so in effek het hulle iets wat ek nie
het nie (ouers) en ek het iets wat hulle nie het(tyd met hulle).
Renaissance is my huis, my enigste ouerhuis met baie ouers…..!
Namens die Bestuurskomitee – baie dankie aan Barry Vosloo wat vir jare lank die Kwêvoël behartig het. Die nuwe redaksie sal nog by jou kom aanklop vir raad en leiding in die verband.
‘n Meningsopname is verlede jaar gedoen en ons beplan om ‘n paar
nuwe idees in werking te stel. Inwoners
word uitgenooi om deel te hê hieraan in die vorm van bydraes en interessante
gebeure wat u graag met almal sal wil deel. Die redaksiespan: Rina du Toit, Alet Botha, Renier de Beer en
die uwe. Hul kontaknommers is in die
oord se boekie beskikbaar. Ons doen ‘n
beroep op u dat geen rassisme, kru taal of politiek geduld sal word nie.
Januarie 2023 het nuwe uitdagings gebring. Na goeie reën in Desember, het die plante –
maar ook die onkruid – welig gegroei.
Frik Wasserman en sy span het hul hande vol om voor te bly.baie reën,
geen reën, beurtkrag, die watersituasie.
Dieselfde het die instandhoudingspan geraak. Die huidige waterkrisis is buite ons
beheer. Gerhard van Rooyen en Charles
Smit het die munisipaliteit herhaaldelik gekontak – sonder sukses. Dankie aan NG Moedergemeente dat die inwoners hul waterkanne daar kon gaan
vul.
My opregte dank aan die volgende staatmakers - Rina du Toit en
Francois vir die inspeksie van die sekuriteitstelsel, Susan Swanepoel wat ons
databasis op datum gekry het en soms afjakke moes verduur, Esta de Beer wat in
die diep kant ingegooi is, Lirpa Kuntz en Johan Schreuder wat op kort
kennisgewing vergaderings moes bywoon.
Die elektriese motor by die hek is vervang, geute het aandag gekry
en die verfprogram duur voort. Daar was ongelukkig ook minder aangename
insidente – maar 2023 fokus ons op die positiewe. Dankie aan die inwoners wat verdraagsaam en
tegemoetkomend is. Dit word waardeer.
Wessie says……
On behalf of the Management Committee, thanks to Barry Vosloo, who managed the Kwêvoël for many years. The new editors will still come to you for advice and guidance.
An opinion survey was conducted last year, and we plan to implement
some new ideas. Residents are therefore invited to participate in this through contributions and exciting events you would like to share with
everyone. The editorial team: Rina du Toit, Alet Botha, Renier de Beer and
yours truly. Their contact numbers are available in our booklet. We appeal to
you that no racism, crude language or politics will be tolerated.
January 2023 brought new challenges. After good rain in December, the
plants - but also the weeds - grew luxuriantly. Frik Wasserman and his team have their hands full to stay ahead. Lots of
rain, no rain, load shedding, the water situation. The same affected the
maintenance team. The current water crisis is beyond our control. Gerhard van
Rooyen and Charles Smit repeatedly contacted the municipality - without
success. Thanks to NG Moedergemeente that the residents could fill their water
containers there.
My sincere thanks to the following people - Rina du Toit and Francois
for inspecting the security system, Susan Swanepoel who got our database up to
date and had to endure occasional knocks, Esta de Beer who was thrown in at the
deep end, Lirpa Kuntz and Johan Schreuder who had to attend meetings at short
notice.
The electric motor at the gate has been replaced, the gutters have
received attention and the paint program continues. Unfortunately, there were
also less pleasant incidents - but in 2023 we focus on the positive. Thanks to
the residents who are tolerant and accommodating. It is appreciated.
Aan alle Renaissance Webjoernaal lesers.
Ek wil graag vir almal vra om my te ondersteun in hierdie nuwe fase in my lewe en wil graag 'n skakel tussen die inwoners en Renaissance Bestuurskomitee wees asook onderlinge samehorigeheid tussen die inwoners bevorder.
To all Renaissance Webblog readers,
I want to be the link between the Residents and the Management Committee and improve relationships between all residents.
Rina du Toit
Wessie (69) en Magda (63) het in 2018 hul intrek in E120 geneem. Hulle het dié eenheid in 2013 aangeskaf met die oog op hulle uiteindelike aftrede aan die einde van 2017. Intussen het hulle dit verhuur terwyl hulle op die perseel van die Mabula Game Lodge naby Bela-Bela gewoon het. Wessie was sedert 1999 daar as ʼn assistant-reservaatbestuurder werksaam.
Magda is op Uitenhage gebore en het later saam met haar ouers na Bloemfontein verhuis waar sy grootgeword het. Sy het in 1977 haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Prinshof in Pretoria voltooi. Hierna het sy ʼn diploma in sekretariële werk aan die Bloemfonteinse Tegniese Kollege behaal. Sy het vervolgens hoofsaaklik algemene kantoorwerk vir verskeie tandartse behartig.
Wessie is op Aroab in Namibië gebore en het op die familieplaas tussen Aroab en Keetmanshoop grootgeword. Hy het matriek in 1970 aan die Hoër Tegniese Skool Upington behaal. Hierna het hy by die Tegniese Dienskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag in diens getree. In 1979 het hy sy ontslag met die rang van luitenant geneem. Hierna het hy buite Lückhoff in die Vrystaat gaan boer.
Wessie en Magda is in 1991 getroud nadat sy eerste eggenote oorlede is. Magda beskou Wessie se twee kinders en twee kleinkinders as haar eie. Hulle seun woon en werk in die VSA terwyl hulle dogter en haar wederhelf in die Midde-Ooste werksaam is. Wessie het Magda onlangs met groot waardering bestempel as iemand wat “so baie keer die weerligafleier [is] wanneer ek so bewolk is.”
Dié gemoedelike egpaar het van meet af aan by oordaktiwiteite betrokke geraak en het groot waar-dering vir die vriendelike en behulpsame inwoners van Warmbad Renaissance.
Mark Twain referred to adults playing darts (and billiards and tiddlywinks and …) as a sign of a misspent youth! Yet, the game has been very popular with residents for the past 27 years. It is possibly the most enduring of all the social activities in our village.
The Darts Club meets in the Lapa on Thursdays at 15:30.
The photographs shown below were taken at the club year-end function held recently.