Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday, 12 May 2021

Oord herdenk sy dertigste bestaansjaar

Voorsitter van die Bestuurskomitee, Wessie van der Westhuizen

In ‘n boodskap aan die inwoners van die Warmbad Renaissance Sekuriteitsaftreeoord, skryf die Voorsitter van die Bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN soos volg: 

In the late eighties Renaissance Developments (Pty.) Ltd. decided to establish their fifth security retirement village in the legendary peace and quiet of the Bushveld. And lo and behold: the Warmbad Renaissance Security Retirement Village!

Die eerste inwoners het op 1 April 1991 hulle intrek geneem. Ons oord vier dus vanjaar sy dertigste bestaansjaar. Om hierdie rede plaas ons vandeesmaand enkele grepies uit die verlede. ʼn Meer volledige geskiedenis van ons oord is in die Voorsitter se kantoor geliasseer.

In 1992, 1993, 1995, 1996 and 2003, the first Chairman of the Management Committee, the late Henry van Nieuwenhuizen and his committee were hugely instrumental in the development of management systems which, albeit somewhat refined  over years, are still used at present.

Ek bring graag hulde aan Henry se opvolgers: Gawie Stols (1994), Fred van Wijk (1994 en 1995), John Roets (1997), Theuns Botes (1998 tot 2000), Nato Britz (2001, 2002 en 2006), Joepie Bekker (2004), Tom Vaughan (2004 en 2005), Johnny Meyer ( 2006 tot 2011, 2013 en 2015), Hannetjie Pretorius (2012), Barry Vosloo (2014 en 2020), Gerhard van Rooyen (2015 tot 2018), Dirk van den Berg (2019). Vanjaar is dit my beurt. Ek vertrou dat ek sal kan voortgaan met hul goeie werk.

Similarly, Management Committee members, employees, residents, developers and management agents have made a considerable contribution  during the past 30 years to transform Warmbad Renaissance into one of the leading retirement villages  in our region.

Tuesday, 4 May 2021

Oord verwelkom Koos en Judith Huyzers

Koos (70) en Judith (65) Huyzers het onlangs in E63 ingetrek nadat hulle hul kleinhoewe op Bronkhorstspruit van die hand gesit het.

Die egpaar het verskeie aftreeoorde oorweeg voordat hulle op hul huidige woonplek besluit het.

Koos is in Potchefstroom gebore. Hy en sy gesin het later na Balfour verhuis waar hy in 1966 sy skoolopleiding aan die Hoërskool Balfour voltooi het. Hy het vervolgens in 1972 ʼn vakleerlingskap in verfwerk voltooi nadat hy die vaktoets aan die Olifantsfontein-vaktoetssentrum geslaag het. Nadat hy ʼn geruime tyd lank in diens van die Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens was, het hy by die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste aangesluit waar hy sewentien jaar lank werksaam was totdat hy in 2011 afgetree het.

Judith is in Durban gebore, maar beskou Elsburg as haar grootworddorp. Sy het haar skoolopleiding in 1973 aan die Hoër Handelskool Op ʼt Hof in Bedforview voltooi. Ná skool het sy klerklike werk gedoen en was vyf jaar lank ʼn verpleegster.

Koos en Judith is in 1974 in Elsburg getroud. Hulle het vier kinders en nege kleinkinders.

Thursday, 29 April 2021

Stay safe in style

The Management Committee has recently launched our village’s very own face mask. It was designed by Roedolph Botha (U126) and modelled here by Magda van der Westhuizen (U120).

The masks are obtainable from Jacky at a cost of R90 each (VAT incl.).

Stay safe in style! 

Monday, 26 April 2021

Hulle sal binnenshuise sosiale byeenkomste reël sodra ...

Op die foto hierbo verskyn ʼn groep staatmakers wat onlangs aangewys is om binnenshuise sosiale byeenkomste te reël sodra COVID-19-beperkings dit toelaat. Hulle is (v.l.n.r.) Edna Cornelius (Sekretaresse), Marlene Bisset (Sameroeper), Rina Steynberg (Bestuurskomiteelid: Sosiaal) en Elize Yeo (Tesourier).

Sedert die ontstaan van ons oord in 1991 was die doel van hierdie byeenkomste om aan inwoners die ge-leentheid te bied om mekaar beter te leer ken en gesellig te verkeer.

Friday, 23 April 2021

Residents debate conversion to prepaid electrical meters

A Special General Meeting of the Warmbad Renaissance Management Association was held in the Nes on 15 April 2021 (see photo above and note the social distancing!) to consider the possible changeover from the current electricity supply system where electricity is billed and paid for on a post-usage basis, to a prepaid system where users would have to buy units in advance to have access to electricity.

In terms of the Sectional Title Schemes Management Act, the conversion required a majority of 75% of members of the Association (or their proxies) present at the meeting.

The meeting was informed that the total cost of the conversion would amount to approximately R323 000. Should the proposal be adopted, the cost would be funded from our reserve funds. It was further emphasised that the installation would be done by the municipality on an all or nothing basis.

After a brief discussion the meeting resolved that prepaid electricity meters should not be installed in our village.

Tuesday, 30 March 2021

Oord verwelkom Magda Botha

Magda Botha (74) het voorheen saam met haar eggenoot, Koos, in die Avondrus-sekuriteitsoord, Rooiberg, gewoon. Koos is ongelukkig onlangs oorlede. Hy was 76 jaar oud.

Magda en Koos het sowat drie jaar gelede daaraan begin dink om na ons oord te verhuis. Nadat hulle verskeie eenhede oorweeg het, het hulle onlangs besluit om E12 te koop. Magda is heel ingenome met haar gerieflike wooneenheid. Hierbenewens is sy in haar noppies met haar vriendelike buurmense.

Magda is in hart en niere ʼn Pretorianer. Nadat sy in 1964 aan die Hoërskool Langenhoven gematrikuleer het, het sy ʼn diploma in tikskrif aan die Pretoriase Tegniese Kollege behaal. Sy was vervolgens jare lank ʼn tikster by die Departement van Openbare Werke in Pretoria.

Sy en Koos is in 1966 in die NG Kerk BosmanstraatPretoria, getroud. Twee dogters is uit hulle huwelik gebore.

Friday, 26 March 2021

Oord verwelkom Willie en Elzi Fölscher

Willie en Elzi Fölscher het ʼn rukkie gelede hierheen verhuis en hulle intrek in E87 geneem. Hulle het voorheen twee jaar lank op Hartenbos gewoon. Voordat hulle dáárheen getrek het, het hulle tien jaar lank in die Faerie Glen Renaissance-aftreeoord gewoon.