Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday, 17 March 2017

Só bak die Bosvelders vetkoek

Die oord se sosiale aksie het onlangs weer eens ʼn hoogs suksesvolle vetkoekverkoping in die Lapa aangebied. Die Lapa is een van die twee ontspanningsale. Die geleentheid is baie goed deur die inwoners ondersteun.

Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die verrigtinge.

Die sosiale aksie-staatmakers woel en werskaf met ‘n blymoedigheid wat vir alle betrokkenes ‘n riem onder die hart was
Isabel Hattingh hou trots een van haar vetkoeke omhoog. “Só moet ʼn vetkoek lyk as hy ʼn vetkoek is,” spog sy
Rina Steynberg, Mel Smith, Chris van den Heever en Ann van den Heever wag geduldig dat hulle bestelling uitgevoer word

Saturday, 4 March 2017

An interesting little animal observed in our village

Annatjie Maree (U25) recently came across an interesting little animal in her garden called a Banded Rubber Frog (Phrynomantis bifasciatus). She promptly took the two pictures below. 

This interesting little frog is also known as the Red-banded Crevice Creeper because it seeks out any tight space or crevice in which it could tuck its tiny body to seek shelter for the day. And then it is also called the Fire Walking Frog due to its preference for walking, instead of hopping, to get where it needs to go.

Also known as the Red-banded Crevice Creeper
Not only is this little frog quite beautiful, it has also got some unique features that make it especially interesting. Its vivid coloration alerts predators that this is a poisonous frog. Although normal handling of this frog is generally safe for humans, one runs the risk of getting poisoned if one has an open cut or scratch on one’s hands. Symptoms of a poisoning include painful swelling, difficulty in breathing, headache, increased heart rate, and nausea lasting about 4 hours.

Another special aspect of this frog is its crazy tongue. It can shoot out in an arc greater than 200 degrees, which means that it’s able to catch prey that’s to the side of its head or even slightly behind it!

It is also called the Fire Walking Frog due to its preference for walking, instead of hopping, to get where it needs to go.
Now, the last cool feature of the Banded Rubber Frog is its singing voice! It almost sounds like a bird, rather than a frog! To listen to its call, click HERE and scroll down.

Tuesday, 28 February 2017

Warmbad Renaissance-bestuurskomitee wys nuwe sekretaris aan

Die oord se bestuurskomitee het onlangs ‘n nuwe sekretaris aangewys in die plek van Lirpa Kuntz. Sy is Kobie Hall wat saam met haar wederhelf, Robert, in E42 woon.

Kobie Hall
Kobie is ‘n gekwalifiseerde remediërende onderwyser wat aan die Lantern Remediërende Skool in Roodepoort verbonde was voordat sy in 1997 ‘n uittreepakket aanvaar het.

Die inwoners wens Kobie sterkte toe met die belangrike posisie wat sy voortaan sal beklee.


Saturday, 18 February 2017

We celebrate St. Valentine’s Day

St Valentineʼs Day has its roots in several different legends that have found their way to us through the ages.

One of the most popular informs us that Valentine, a Christian priest, had been sentenced to death for his teachings. The Romans insisted that people should believe in Roman gods only.

While languishing in prison, he fell in love with the warden’s daughter.

The night before he was executed, he wrote her a farewell letter, signing it ‟From Your Valentine.ˮ

Op 14 Februarie is Valentyn tereggestel.

Die tradisie om op 14 Februarie jou liefde teenoor iemand te verklaar, het gedurende die Middeleeue in Europa veld gewen.

Oor die eeue heen het mense ook geglo dat voëls hulle maats op 14 Februarie die hof maak!

St Valentineʼs Day is now a day to show a friend or loved one that you care by sending them a Valentine’s Card. This card is named after the letter that St. Valentine sent to his sweetheart from jail.

By Warmbad Renaissance het ons onlangs die Valentynstradisie voortgesit deur ons vriende en/of geliefdes op ʼn koppie tee en versnaperinge te trakteer.

Die foto’s hieronder verskaf ‘n oorsig van die verrigtinge.

Die Patryslaners (foto links) se straatvrou(!), Mel Smith, is baie trots dat byna al “haar” mense wat na die funksie opgeruk het. Is dit ʼn rekord? Staande verskyn (vlnr) Koos Grobler, Hennie Stoop, Pieter Bester, Dimmie Smith, Mel Smith, Gerhard van Rooyen, Annetjie van Rooyen, Rina du Toit, Chris Snyders, Francois du Toit en Jadene Horne. Voor sit (vlnr) Linda Grobler, Miemie Grobler, Ria Bester, Wendy Stone, Gwen Baartman, Liz Snyders en Anna van Rensburg.
Een van ons inwoners, Lucia Pagel, het die aanwesiges op melodieë van weleer getrakteer.
(Vlnr) John Scheepers, Miriam Scheepers, Ilse Kotse, Hennie Kotze en Hennie de Villiers.
(Vlnr) Isabel Venter, Jadene Horne, Anna van Rensburg, Kobi Breedt, Hennie Stoop, Beatrix Esterhuizen.


Wednesday, 15 February 2017

Lang Daniel, baassnoeier

Sommige inwoners hou van gevormde struike, ʼn gebruik wat die Japannese tot ʼn kunsvorm verhef het. Ander verkies weer dat die natuur sy gang gaan.

Die 34-jarige Daniel Marakalle, oftewel Lang Daniel, soos hy alllerweë in die oord bekend staan, is een van ons twee tuiniers. As ‘n inwoner 'n struik wil laat snoei, hoef hy of sy net op Daniel se knoppie te druk.

Baassnoeier Daniel werk aan een van sy skeppings
Weens ʼn besering wat hy as kind opgedoen het, het Daniel die gebruik van sy linkeroog verloor. Dit weerhou hom egter nie daarvan om sy werk te doen nie. 

Soos die foto hierbo aantoon, verrig Lang Daniel snoeiwerk noukeurig met behulp van slegs ʼn snoei-, heiningskêr en sy onberispelike aanvoeling.  

Sunday, 5 February 2017

Plantegroei herstel ná milde reën

“Die plante klap hande,” het Isabel Hattingh onlangs gejubel nadat meer as 250 mm reën in Januarie ná ‘n uitmergelende droogte, oor ons oord uitgesak het.

Annetjie Doep het gesê dat die struike en bome in ons oord bykans drie jaar gelede só mooi vertoon het, ofskoon die grasperke nog nie volkome herstel het nie.

Die foto’s hieronder illustreer die wonderbaarlike herstelkrag van die plantegroei in ons oord ná die weldadige reën.







Friday, 3 February 2017

Uit toeka se dae

‘n Warmbad Renaissance-koortjie is in 1993 tot stand gebring. Die koorleiers was Riëtte Botha en Eppie van Niekerk.

Die meegaande foto's word in die oord-argief bewaar.

Die koorleiers
Twee van die stigterslede, Isabel en Ampie Hattingh woon steeds in die oord. Terloops, hulle was die heel eerste inwoners wat op 1 April 1991 in E20 ingetrek het.

Die koortjie sing met oorgawe. Isabel verskyn tweede van links en die voorste ry en Ampie, agter tweede van regs met die baard
Die onderstaande uittreksel (woordeliks aangehaal) uit ʼn beriggie deur Susan van Bosch, het in Julie 1996 in ons eerste nuusbrief verskyn. Die redakteur was Giel Rossouw. Die foto's kom uit ons argief.

"Die Renaissance-koor het die afgelope drie jaar naam gemaak. Toe Riëtte Botha die koortjie begin het, kon sy nie droom dat sy soveel sukses met haar groepie sangers sou behaal nie.

As gevolg van harde oefening, geesdrif en toewyding het die koor die afgelope twee jaar met groot sukses aan die Waterberg Kunsfees deelgeneem. Hulle het in twee afdelings deelgeneem, naamlik die Revue en Koor en het uitstekend presteer."

Hierdie foto van die koor het in 1996 in die plaaslike koerant, Die Pos, verskyn.
Die koor spog met ‘n eie drag waarin hulle deftig vertoon wanneer hulle optree
"Vanjaar gaan die koor by ten minste ses geleethede optree, wat die Waterberg Kunsfees insluit.

Tans word daar elke Dinsdagoggend geoefen. Daar het vanjaar ‘n paar nuwe lede aangesluit en die koor bestaan tans uit 17 lede waarvan 5 van buite Renaissance is. Die koor spog met ‘n eie drag waarin hulle deftig vertoon wanneer hulle optree.

Baie Renaissance inwoners sal seker graag hierdie koor wil hoor en sien optree en daar sal sekerlik ‘n geleentheid daarvoor geskep word. Dalk sal daar van hulle wees wat daarna by die groepie sal wil aansluit."