The main purpose of this mid-year meeting was to review the financial statements for 2015 which was prepared by the Warmbad Renaissance Association’s external auditors, PricewaterhouseCoopers Inc.
Soek 'n berig in Renaissance
Monday, 29 August 2016
Special General Meeting - 2016
The main purpose of this mid-year meeting was to review the financial statements for 2015 which was prepared by the Warmbad Renaissance Association’s external auditors, PricewaterhouseCoopers Inc.
Saturday, 27 August 2016
Kontrei-ete 2016
Kerrie-afval + bobotie + wildpastei + toffiepatats + stampmielies + boeremusiek = die heerlike kontrei-ete wat die sosiale aksie onlangs aan inwoners opgedis het.
Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die verrigtinge.
Monday, 15 August 2016
Inwoner maak 'n verskil in die gemeenskap
Jy
tref in elke gemeenskap talle beskeie mense aan wat stilweg met groot toewyding
en deernis werk om minderbevoorregte persone se nood te verlig.
Thursday, 4 August 2016
Ongereelde besoekertjies
Ons oord is geseën met ‘n ryke verskeidenheid voëllewe wat wydverspreid in ons geweste voorkom: kuifkophoutkappers, kwêvoëls, neushoringvoëls, tiptolle, suikerbekkies, katlagters, kakelaars, geelbeklysters, rooikophoutkappers, om maar enkeles te noem.
![]() |
| Die kwêvoel |
Onlangs
het twee gevlekte lysters kom besoek aflê. Alhoewel
hierdie voëltjies
volgens kenners vry algemeen in die Bosveld voorkom, het Rina
Breytenbach (E118) en haar bure hulle die eerste keer in 20 jaar in die oord
waargeneem.
Soos die foto aantoon, is hierdie
pragtige voëltjie grysbruin bo met kenmerkende swart vlekke op die wit borsie en ‘n
kort stertjie. Wanneer hy op die grond stilstaan, het hy ‘n kiertsregop houding en die gewoonte om vooroorgeboë te hardloop, net om weer
stil te staan, agteroor te leun en een van sy vlerke te lig.
Volgens Sappi se Voëls van Suid-Afrika, word hulle aangelok deur veldbrande en bou hulle nessies van plantmateriaal in ‘n boom, soms in die nabyheid van ‘n miksterbyvangernes.
Friday, 29 July 2016
Plaaslike koerant skenk boeke aan oord se biblioteek
Saturday, 9 July 2016
Staatmakers onderneem inkopietog
Die Sosiale Aksie is ‘n subkomitee van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee wat hulle ten doel stel om sosiale funksies vir die inwoners te reël.
Vanjaar was die Sosiale Aksie verantwoordelik vir die reëlings van die potjieskos-ete ter viering van die oord se 25ste bestaansjaar – ‘n taak wat hulle met entoesiasme en groot sukses aangepak het. Tradisioneel reël hulle onder andere jaarliks ook ‘n Valentynsdagtee, ‘n lente-ontbyt en ‘n jaareinddinee. Hierdie funksies vul hulle aan met geleenthede soos gereelde kerrie-en-rys- en vetkoekverkopings.
Die
Sosiale Aksie verrig ‘n reusetaak en maak staat op ‘n handjievol staatmakers
vir wie se hande min verkeerd staan.
Hierdie
staatmakers het hulself onlangs op ‘n inkopietog na die Kolonnade-winkelsentrum
in Pretoria getrakteer.
Hiervoor
is die oord se diensbussie gebruik. Dimmie Smith het die bestuurwerk gedoen en
sy passasiers het die brandstof- en tolhekkoste onder mekaar verdeel.
| Die diensbussie en aangewese bestuurders Gerhard van Rooyen, Hennie de Villiers en Dimmie Smith |
Die
onderstaande foto’s is geneem nadat die groepie moeg, maar tevrede en opgeruimd
teruggekeer het.
![]() |
| Leon en Marlene Barnard, en Rina Steynberg |
![]() |
| Die diensbussie se laairuimte propvol inkopies |
Friday, 8 July 2016
Subscribe to:
Comments (Atom)





