Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday, 12 June 2023

3. Potjiekos 11 May 2023

 
Oh, man!  This was such a good idea.  People enjoyed this thoroughly

2. Voorsitter se skrywe vir die kwartaal

 Sedert die laaste skrywe het baie positiewe en negatiewe dinge plaasgevind.  Bela-Bela ly nog steeds aan ʼn ernstige waterprobleem.  Buiten die baie waterlekke en die beurtkragprobleme, word daar nog ʼn verdere las op die beskikbaarheid van watervoorsiening geplaas.  Tuine word natgelei en ek weet nie wat die omgee van die mense is teenoor ander dorpsgenote wat hieronder ly nie.  Ek kan nie namens die Munisipaliteit of oor hul vermoëns praat nie, maar die water wat hulle kan suiwer tussen beurtkrag periodes is nie genoeg om aan al die voorsieningspunte water te voorsien nie.     ʼn Klein bietjie omgee sal help dat ander huishoudings nie vir dae sonder water moet leef nie.  Hierdie is net ʼn versoek aan Renaissance inwoners om meelewend te wees.  Ek wil nie graag polisieman speel nie, maar doen ʼn beroep op u integriteit vir samewerking.

Die positiewe is dat elkeen van ons GOD kan nader en bid vir die wat aan stuur van sake is, om die wysheid te ontvang om die nood te verlig en dat kwaliteitswerk verrig sal word.  Ons dank ook aan al die instansies wat ingetree het om te help met rapportering en herstel van probleme.  Dit word opreg waardeer.

Tydens ʼn Bestuurskomiteevergadering is die moontlikheid geopper om ʼn oordbestuurder  aan te stel.  Daar sal ondersoek ingestel word oor die haalbaarheid daarvan.   Dit kan ʼn duur opsie wees maar die lede wat dit kosteloos doen, word nie altyd so gaaf behandel nie en dit skep ʼn negatiewe gesindheid.

Hiermee wil ek my dank uitspreek teenoor die persone en briefies van waardering wat ons ontvang het van inwoners.  Dankie ook aan al die bestuurslede wat vasbyt en die ekstra myle loop om van die oord ʼn beter plek te maak.

Die KVA bly steeds ʼn bekommernis.  Die Bestuurskomitee is besig met onderhandelinge om die verbruikslesings laer te kry.   Ons het egter  die samewerking van al die inwoners nodig.  Die idee is om die oord in blokke op te deel sodat wanneer die krag aankom alle eenhede nie gelyktydig sal aanskakel nie.  Sodoende kan ons die KVA lesing laer hou.  Ek onderskat nie u intelligensie nie, maar daar is inwoners wat nie bewus is van hoe KVA bereken word nie.  Sodra die krag aankom en daar is toestelle soos stowe, geisers en mikrogolgoonde wat baie krag gebruik, gebruik word, registreer daardie lesing by die Munisipale meterkas.  As die lesing byvoorbeeld 200 registreer word die oord op daardie lesing aangeslaan.  Die slegte van die lesing is dat dit dan vir die hele maand sal geld en as daar nog iets gebeur en die lesing word hoër dan word die hoogste lesing gebruik om ons aanslag te bepaal.   Daarom het ons u samewerking nodig om hierdie lesing so laag as moontlik te hou.  Bestuur u kragverbruik behoorlik en dit kan ʼn groot verskil maak.

Mooi bly tot die volgende uitgawe

CHAIRMAN’S LETTER

Since my last report, many positive and negative things have taken place.  

Bela-Bela still suffers from a severe water problem.  Apart from the many water leaks and load-shedding, a further burden is water supply availability.  Residents are constantly watering their gardens, and I don't know their feelings towards other fellow town inhabitants who suffer because of this.

I cannot speak on behalf of the Municipality or their capabilities.  Still, the water they can purify between load-shedding periods are not sufficient to supply water to all the points. 

A tiny bit of caring will help other households not to live without water for days, and a friendly request to Renaissance residents are to be compassionate.  I'm not particularly eager to monitor all homes in Renaissance, but I call on your integrity for cooperation.

The positive is that we can approach GOD and pray for those in charge of affairs to receive the wisdom to take on the challenge and that the workers will do quality work.  We also thank all the institutions that assisted with reporting and repairing problems. It is greatly appreciated.

During a Management Committee meeting, the developer mentioned the possibility of appointing a Village Manager.  There will be scrutiny as to the feasibility of this.  The appointment can be an expensive option, but the members who do it free of charge are often not treated as kindly, which creates a negative attitude.

I would like to express my gratitude to the persons and letters of appreciation from residents.  Thank you also to all the Management Committee’s members who stick around and walk the extra mile to make the village a better place.

The KWA continues to be a concern.   The Management Committee is in negotiations to get the consumption readings lower.  We need the cooperation of all the residents. The idea is to break up the village into blocks so that when the power is turned back on, all units will  turn on simultaneously.  In doing so, we can keep the KWA reading lower.  I don't underestimate your intelligence, but some residents do not know how KWA is calculated. Once load-shedding ends and appliances such as stoves, geysers, and other appliances that use a lot of energy, are in use, that reading registers with the Municipal meter box.  For example, if the reading registers 200, the village is rated on that reading.  The bad thing about this is that it will be applicable for the whole month.  If anything else happens and the calculation gets higher, the highest reading determines our assessment.  That's why we need your cooperation to keep this reading as low as possible.  Manage your power consumption, and it can make a big difference.

 Keep well until the next issue of the newsletter.

1. Nuusberigte uit die Kwevoel!

 Gewoonlik kom veldbrande later in die jaar voor, maar op 27 April het die inwoners aan die weste kant groot benoudheid gehad toe daar skielik 'n veldbrand ontstaan het. Gelukkig het die brandweer vinnig gereageer en kon die vuur gestuit word. Dit was ook verblydend dat die Munisipaliteit vroeer daardie week die plantegroei teen die heining weggesny het, anders kon daar dalk skade vir van die inwoners gewees het.




Selfs die Voorsitter het probeer help!

Sunday, 4 June 2023

Belangrike inligting!

 Goeiemore almal,

Ek weet nie of die inligting bekend is aan almal wat voor 1975 getroud is nie. Die huweliksertifikate wat toe uitgereik  was, bevat die ou ID Nommers wat nie op enige stelsel nou opgespoor kan word nie. In die geval van afsterwe van een van die huweliksmaats het die een wat agterbly jare se moeilikheid met die boedel. Maak asseblief seker dat u by die Departement van Binnelandse Sake 'n nuwe huweliksertifikaat kry met die huidige ID Nommers op. Daar is 'n klein fooi by betrokke (was altyd R20) en om enige probleme te vermy, betaal dit maar en weet alles is in orde.

Saturday, 13 May 2023

 Goeiemore aan al die 'blog' lesers.

 Dit is maar stil hier op die tuisfront maar sal hopelik volgende week baie nuus he om te deel as die nuutste Kwevoel die lig sien.  Hou maar hierdie spasie dop!

Saturday, 8 April 2023

Nuwe Intrekkers (eintlik nie so nuut nie agv laat plasing)

Annatjie Becker (E37)

Annatjie is al vir 51 jaar ‘n bosvelder.  Hulle het geboer op die plaas Roodekuil.  Sy is nou al vir 3 jaar en 6 maande weduwee. en het verlede jaar Desember by Renaissance ingetrek.  Annatjie sê sy voel veilig in die oord.

Sy het 4 kinders en 4 kleinkinders.  Haar jongste dogter woon en werk in Nieu Zeeland.

Naaldwerk en voëls is haar passie en is ook lid van die Bosveld-voëlklub.

  

Des en Hester Lindeque (E88)

Des en Hester het al goed rondgeswerf.  Johannesburg, Warmbad, George, Warmbad.  Hulle is betrokke by Just Water en het nie veel tyd vir stokperdjies nie.

Hulle het drie kinders, oudste dogter in Nederland, ‘n dogter in George en hul seun is in Oudtshoorn.  Hulle het vyf kleinkinders. 


Jane Whittaker (U63)

Jane is from Gauteng.  She moved here for security reasons.

She loves reading, watching TV and enjoys walking.

Sad to say that due to ill health, her family has moved her to Rusoord Old Age Home in March





RENAISSANCE SE MENSE!

 

Ons kuier op die stoep!


Ons speel snoeker!
Ons speel ook Pyltjies!!



Ons het ons eie posbusse! Kom kry die pos volgens jou huisnommer

Ons het ook 'n haarsalon!

en ons eie Biblioteek vir die leesgieriges!

en ons kan ook gereeld die lyfies oefen

Daar is ook Bingo en Vlytige Vingers om aan deel te neem.