Soek 'n berig in Renaissance
Friday, 23 November 2018
Year-end function - 2018
Thursday, 1 November 2018
Oord se sosiale aksie verkies bestuur vir 2019
Wednesday, 31 October 2018
Vlytige vingers
![]() |
| Houtsneewerk wat deur Caro van der Schyff gedoen is. |
ʼn Geruime tyd lank was rolbal my grootste vreugde en tydverdryf. Ek
het egter algaande ʼn behoefte ervaar om iets skeppends te doen.
Toe oorreed ‘n
vriendin my om saam met haar lesse in houtsneewerk te neem by Susan Hugo,
inwoner van ʼn naburige aftreeoord. En siedaar, sedert Augustus 2016 word dít my groot
passie.
Ons het in September ʼn uitstalling gehou. Die resultaat blyk uit die foto’s hierbo en hieronder.
Sedertdien het ek ‘n paar bestellings gekry vir
familiewapens en handspieëls. Nou is ek lekker besig. Ek hoop net die
geraas pla die bure nie te veel nie!
![]() |
| Caro staan by 'n paar van haar houtsneewerke |
| 'n Hele aantal Warmbad Renaissance-inwoners het Caro se uitstalling bygewoon |
Tuesday, 30 October 2018
Só het ons oord ontwikkel (5)
Soos voorheen vermeld, beoog ons om maandeliks stories van
ons oord se ontwikkeling te plaas. Hiervoor het ons soms gaan kers opsteek by
persone wat betrokke was, maar meer dikwels het ons ons tot ou notules van die
bestuurskomitee en fotoalbums gewend en afgekom op kosbare grepies uit ons oord
se verlede.
Ons oord se inwoners is daarvoor bekend dat
hulle dikwels sterk individualisties is. Trouens, hulle is soms gewoon
hardkoppig.
Dit was dus vir ons nie vreemd om in die notules van die bestuurskomitee te lees van die
konsternasie wat inwoners oor die jare heen veroorsaak het nie.
Een van die inskrywings alsolief verwys na die Sage van die klavier.
Ons vermoed dat die klavier waarop voormalige inwoner Lucia Pagel speel
en tans in die Nes pryk (kyk foto hieronder), dieselfde is as die een waaroor die
polemiek bykans 25 jaar gelede gevoer is.
Dié klavier het die “ou” Carl Ecke-klavier
vervang wat toentertydse inwoners Ina en Basie du Plessis op 16 Februarie 1993
aan die oord geskenk het (kyk foto hieronder).
Ons haal woordeliks, d.w.s. skryffoute en al, uit die notule van die bestuurskomitee aan. Die regte
naam van die betrokke individu word vervang met “mev. Annie Anoniem” sodat sy
nie in die verleentheid gestel word nie, al het sy jare gelede reeds verhuis.
Mev. Annie Anoniem was toentertyd ʼn lid van die
bestuurskomitee.
Onder die opskrif Wederregtelike
aankoop van klavier ens., lui die notule van 4 November
1993 soos volg: “Uit hierdie eensydige optrede van Mev. Annie Anoniem het die
volgende gespruit: Gedurende die week van 11 Oktober het die Voorsitter verneem
dat Mev. Anoniem ʼn klavier laat aflewer het met die veronderstelling dat die koste van
R5 000 vir die koste van die Algemene Vergadering is.
Die Voorsitter het Mev. Annie Anoniem persoonlik meegedeel dat haar
optrede eensydig, wederregtelik en buite orde is en dat sy in haar persoonlike
hoedanigheid verantwoordelik gehou word vir die betaling van die R5 000 en
nie die Algemene Vergadering nie.
Na verdere breedvoerige besprekings … het die Komitee aan die Voorsitter,
sonder teenstem, ondersteuning en goedkeuring vir sy optrede verleen.
Die Komitee kondoneer dus nie Mev. Annie Anoniem se optrede nie en
bevestig dat sy verantwoordelik gehou word vir die koopsom of enige uitstaande
balans.”
Op 12 Januarie 1994 lui die notule: “Mev. Anoniem het die verskuldigde
bedrag van R5 000 uit eie bronne betaal. Sy vra toestemming om met ‘n lys
in en buite die Oord rond te gaan om donasies te vra. Mnr. Bester [die
toentertydse ontwikkelaar] onderneem om eers leweransiers van bouprodukte te
nader om donasies. Die ou klavier sal intussen na Platrivier Oudhede Winkel
geneem word om verkoop te word”
Ons kon nie vasstel of dié fondinsamelingspoging suksesvol
was nie.
Monday, 29 October 2018
Rus vir die holte van hul voet
| Annemie Ihlenfeldt |
Vanaf 1975 het sy aan die Universiteit van die
Orange-Vrystaat studeer en in 1977 ʼn BA-graad behaal.
Haar hoofvakke was Kommunikasiekunde en Staatsleer. Nadat sy haar
universiteitsloopbaan voltooi het, is sy as ʼn inligtingsoffisier met die rang van luitenant by die
SANW-verdedigingshoofkwartier in Pretoria aangestel.
Hier het sy haar toekomstige wederhelf, Kallie, ontmoet.
Kallie was ook ‘n soldaat. Hulle is in 1980 in Bloemfontein getroud. Hy het
haar in 2012 ontval.
Annemie en Kallie het in 2001 uit die SANW getree, hy met
die rang van kolonel en sy as kaptein.
ʼn Seun, dogter en een
kleinkind is uit hulle huwelik gebore.
| Neels en Edna Cornelius |
Neels (70) en Edna (67) Cornelius, het onlangs hul intrek
in E118 geneem, enersyds omdat Neels nader aan sy wildsplaas, Hardekoolbult op
Koedoeskop, wou woon en andersyds omdat Edna se jarelange vriendin, Linkie
Ellis (E138), hul oorreed het dat ons oord die aangenaamste woonplek in die
ganse Bosveld bied.
Neels is in Linden, Johannesburg, gebore en het grootgeword
op die fa-milieplaas, Hardekoolbult, naby Thabazimbi. Nadat hy in 1965 aan die
Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi gematrikuleer het, is hy na die Technikon
Pretoria. Hier het hy die Nasionale Tegniese Diploma in elektromeganika behaal.
ʼn Indrukwekkende loopbaan in elektromeganika het gevolg, o.a. as
produksiebestuurder by die toenmalige Yskor en bemarkingsbestuurder by Copalcor. Laasgenoemde
het koper en geelkoper aan die motor- en elektriese nywerheid gelewer.
Edna is in Tanzanië gebore. Die Mau-Mau-bedreiging het die
gesin destyds genoop om na Pretoria te verhuis nadat haar pa hulle plaas
verkoop het dog nooit daarvoor betaal is nie. Sy het in 1967 sy matriek aan die
Hoërskool Gerrit Maritz behaal. Hierna het sy ʼn Hoër Onderwysdiploma in primêre onderwys aan die Normaalkollege Pretoria behaal asook ʼn sertifikaat in jeugweerbaarheid aan UNISA. Sy was 27 jaar lank ʼn onderwyser, o.a. by die Laerskool Nellie Swart. In 1984 is sy aangestel
as ʼn dosent in tale by die Onderwyskollege Soshanguwe. Sy het
in 1997 uitgetree om ʼn voltydse tuisteskepper te word.
Neels en Edna is 32 jaar getroud. Hulle het twee seuns en
twee kleinkinders.
| Gert en Elize Strydom |
Gert (76) en Elize (68) Strydom het lank op Vrede gewoon
voordat hulle onlangs in E2 ingetrek het.
Gert is in Springs gebore en getoë. Hy het in 1960 aan die
Hoër Tegniese Skool Springs gematrikuleer. Hierna het hy verskeie
administratiewe poste in Namibië en Suid-Afrika beklee. Terwyl hulle op Vrede
gewoon het, was hy boer, balju en skriba van die Afrikaanse Protestantse Kerk.
Elize is in Vereeniging gebore en het op Leandra
grootgeword. Sy het in 1976 matriek aan die Hoërskool Balfour behaal.
Vervolgens was sy ʼn tuisteskepper terwyl hulle kinders nog op skool was en
later ʼn administratiewe beampte by Avondvrede-aftreeoord en Hoërskool Vrede. Elize
is ook ʼn knap klavierspeler wat bykans 30 jaar lank ook die
kerkorrel bespeel. Tans beklee sy die amp van orrelis in die AP Kerk op
Bela-Bela.
Gert en Elize is 47 jaar gelede getroud. Twee dogters en ses
kleinkinders is uit hulle huwelik gebore.
Sunday, 28 October 2018
Why we should care for the indigenous trees in our village
![]() |
| Philip van den Berg |
There are a
multitude of advantages of having indigenous trees in our gardens.
Trees of
the Bushveld are adapted to the local climate and soil structure and have grown
here for ages. They are used to the dry conditions, have found ways to
protect themselves from local pests and require far less irrigation, saving
time, money, and perhaps the most valuable natural resource, water. In addition
they provide vital habitats for birds, reptiles, small mammals and insects.
Non-indigenous
plants and trees are not always able to adjust to local conditions and could
consume excessive amounts of water. Popular exotic trees such as Johannesburg
Gold and Leopard Trees grow fast, but they are very thirsty and are most
difficult to remove when they become redundant.
There are
several indigenous trees in our village that are old and not so healthy any
longer, and it will soon be necessary to replace them. Everyone who is in this
situation should consult someone who is knowledgeable in this field.
Saturday, 27 October 2018
Residents urged to protect indigenous plants
![]() |
| Chairman of the Management Committee, Gerhard van Rooyen |
I
believe that it is fitting for all of us to take the wisdom of Robert H.
Schuller to heart, “Never cut a tree down in the wintertime. Wait. Be patient.
The spring will come.”
Subscribe to:
Comments (Atom)




