Pages

Friday, 24 May 2019

Inwoner presteer

Rina Steynberg

Op 10 Mei 2019 het die plaaslike Pos-koerant soos volg berig: “Rina Steynberg is by die April-vergadering van die Vroue Landbou-unie se Warmbad-tak as die eerste wenner van die Skitterlid-trofee aangewys.

Steynberg het tydens die jaarlikse konferensie in Maart aan die naaldwerk-, kunsvlyt-, handwerk- en gebakafdelings deelgeneem en met haar prestasies die meeste punte in haar tak behaal. Sy is ‘n waardige en verdienstelike wenner en ‘n aanwins vir die tak.”

Ons wens Rina (E105) namens die inwoners van harte geluk met haar pragtige prestasie.

No comments:

Post a Comment