Pages

Thursday, 23 November 2017

Jaareindgeselligheid - 22 November 2017

Ons oord se sosiale aksie-portefeulje moes vanjaar weer eens uithaal en wys toe hulle nagenoeg 100 gemoedelike inwoners tydens ons jaareindgeselligheid op smullekker disse getrakteer het.

Die  foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die feestelike geleentheid.

'n Blik oor die keurigversierde lokaal
(V.l.n.r) Marie Snyman, Hester Breet, Ria van Rensburg, Bella van Zyl, Ans du Plessis, Wilma Kense en Renate Schmidt
Mel se mense. Dis vir Mel Smith (heel links) 'n saak van trots dat verreweg die meeste inwoners wat in haar straat woon, die oord se funksies getrou ondersteun. 
Die kaastafel was oudergewoonte 'n wenner 

No comments:

Post a Comment