Pages

Monday, 27 November 2017

Onse Dries wen weer eens

Dries (regs) en sy seun, Stefan
Die African Bowhunters-organisasie se nasionale boogskietkampioenskap is op 18-19 November in die Donkerhoek-omgewing in Pretoria aangebied.

Boogskuts van regoor die land en tot so ver as die Wes-Kaap, het die kompetisie bygewoon en boogskiet in al die verskillende klasse is goed verteenwoordig.

Dries Engelbrecht van Bela-Bela en sy seun, Stefan, spog hier met hul wentrofeë en medaljes vir die langboogklas. [Dries is ‘n inwoner van Warmbad Renaissance (E132) - red.]

[Foto en byskrif ontleen aan Die Pos, ons plaaslike koerant en wenner van die ATKV-mediaveertjie 2017 – beste gemeenskaps- of plaaslike koerant]

No comments:

Post a Comment