Hierdie webjoernaal
beleef vandag (11 Oktober 2014) sy eerste verjaardag. Die berig oor Dries
Engelbrecht (Eenheid 132) wat 'n boogskietkompetisie gewen het, was die eerste van
91 wat op 11 Oktober 2013 die kuberruim ingestuur is. Dié berig is ontleen aan
ons plaaslike koerant, Die Pos, wat
verlede jaar die ATKV-mediaveertjie verower het as die beste plaaslike koerant in
Suid-Afrika. Klik HIER
om die berig te lees.
Dries Engelbrecht
Volgens Google-statistiek het die webjoernaal
die afgelope jaar 6 730 besoeke gelok, oftewel 18 per dag. In Google-taal word besoeke
"pageviews" genoem. Die meeste besoekers was uiteraard
Suid-Afrikaners: 5 130. Hierna volg Amerikaners (852), Duitsers (150), Nieu-Seelanders
(138), Oekraïners (93), Maleisiërs (68), Nederlanders (35), die Britte (34),
Franse (26) en Iere (24).
Die berig "Annemike
steel harte" is 115 keer besoek, verreweg die meeste van die 91 wat
geplaas is. Klik HIER
om die berig te lees.
Annemike du Preez
Nóg interessante
statistiek is dat die meeste "pageviews by browsers" deur middel van Google Chrome (2 169), Internet Explorer (2 059) en Firefox (1 394) plaasgevind het.
Ons sien uit na 'n
tweede jaar tjokvol interessante berigte oor ons plek en sy wonderlike mense.
No comments:
Post a Comment