Nagenoeg 100 inwoners het omtrént gesmul aan 'n aptytlike driegangmaaltyd en tot laataand gesellig gekuier.
Roland Penzhorn van die plaaslike Pick n Pay-supermark en Pieter en Annette Heyneke van Oasis Water het gewaardeerde skenkings gemaak.
Hieronder verkyn 'n fotobeeld van die verrigtinge.
![]() |
| Die plaaslike Pick n Pay-supermark was die hoofborg |
| Ons guitige kelners was (v.l.n.r) Jacky, Amanda, Mandie en Jaco |
| Inwoners tree aan vir die smullekker disse. Hierbo verskyn (v.l.n.r.) Dries Engelbrecht, Marie Snyman, Bets Cilliers en Dicie Vickery |
| Die slaaitafel het groot aftrek geniet |
| Ons bestuursagent, Reanett Bezuidenhout (tweede van regs), kuier vir oulaas saam. Reanett oorhandig die leisels vroeg in 2016 aan 'n nuwe bestuursagent |
| Caro van der Schyff glimlag breed. Sy en haar tafelgenote geniet die geregte terdeë |
| Amy Combrink oorhandig 'n drankie aan Roy Derbyshire |
| Die Nes vol inwoners wat lekker kuier was gewis 'n riem onder die hart vir die Sosiale Aksie |
| V.l.n.r. verskyn Braam Cilliers, Bets Cilliers, Annetjie van Rooyen, Gerhard van Rooyen en Rina Breytenbach. Gerhard is die voorsitter van ons oord se bestuurskomitee |
| Lede van die Musiekkring van Warmbad het inwoners vermaak met hulle vertolking van 'n aantal sekulêre en geestelike liedere |

No comments:
Post a Comment