Pages

Sunday, 15 November 2015

Nuwe inwoner kom van Ellisras af

Flip Dreyer (73) van E59, is 'n gemoedelike man vir wie se hande min verkeerd staan.
 
Flip Dreyer
Hy het in die Meyerton-omgewing grootgeword en het sy ouers vanaf 1949 tot 1952 na Nigerië vergesel waar sy pa, Flippie, sendingwerk gedoen het.

Flip, 'n passer en draaier van nering, het afgetree as  'n senior ingenieursassistent by Eskom op Ellisras.

Alhoewel hy nog nie lank in ons oord woonagtig is nie, lewer hy reeds 'n gewaardeerde bydrae tot die onderhoudsportefeulje van die bestuurskomitee. Hy sê dat hy nie daarvan hou om "handjies gevou" rond te sit nie. 
 
Flip het 5 kinders, 9 kleinkinders en 6 agterkleinkinders.

No comments:

Post a Comment