Tom Venter (76) is
'n wewenaar wat onlangs sy intrek in Eenheid 60 geneem het. Sy eggenote,
Isabel, het hom 9 maande gelede ontval.
Tom Venter
Tom is 'n ketelmaker
van nering en kom van Virginia
af waar hy in die werkswinkel van 'n goudmyn gewerk het. As 'n jong man was hy
drie jaar lank 'n seeman op die SAS Natal,
'n opmetingskip van die Suid-Afrikaanse Vloot.
Hy het hierheen
getrek omdat hy nader aan sy 4 kinders, 7 kleinkinders en 3 agterkleinkinders
wil woon. Een van sy seuns besit 'n restaurant op die dorp.
Tom sê hy woon baie
lekker hier want die oord is mooi, netjies, rustig en veilig. Hy is voornemens
om by die oord se veerpyltjieklub aan te sluit en om weer rolbal te begin
speel. Hy lees graag. Sy gunstelingskrywers is Wilbur Smith en James Patterson.
No comments:
Post a Comment