Die redakteur van
ons nuusbrief het in die Junie 2001-uitgawe berig dat 'n laan gewoonlik
geassosieer word met 'n smal pad omsoom met bome en tuine. Derhalwe het ons
[oord] lane en nie soseer strate nie. Hy het vervolgens
geskryf dat die name vir die lane 'n geruime tyd vantevore deur die
Bestuurskomitee goedgekeur is; name van voëls wat endemies aan ons omgewing is. Hierdie lofwaardige
besluit het egter nooit tot die oprigting van naamborde gelei nie. Vanjaar het die Bestuurskomitee
onderneem om ons lane van naamborde te voorsien.
Louis van Wyk en Braam Cilliers het 'n plaaslike sake-onderneming
versoek om die naamborde te vervaardig wat tans deur Louis en sy helpers
opgerig word.
Die foto's hieronder dui aan hoe spoggerig die naamborde vertoon.
No comments:
Post a Comment