Vir
die meeste oumas en oupas wat in ons oord woon, is hulle kleinkinders hulle
hart se punt. En as hulle dan nog presteer ook, is dit 'n bron van vreugde,
trots en dankbaarheid.
Adam Botha
Adam
Botha, ‘n gr. 4-leerling van die Laerskool Fairland in Johannesburg,het op 17 Mei aan die National Eisteddfod Young Performer Final Awardsdeelgeneem.
Die
finale skouspel het aan die algehele nasionale wenners van Drama, Musiek en
Dans die geleentheid gebied om om die toppryse mee te ding. Baie uiteenlopende
items en kunstenaars deel dieselfde verhoog en dis voorwaar ‘n fenomenale
skouspel! Wenners van die visuele kunste word ook hier bekroon.
Piet en Amy Combrink
Adam,
kleinseun van Pieter en Amy Combrink (#6), het die toekenning ontvang as die algehele
nasionale wenner in Drama in die kategorie gr. 0-3 (verlede jaar se ouderdom) en
het ook weggestap met die uitstekende Mees Inspirerende Kunstenaar-toekenning;‘n besondere prestasie aangesien daar meer as
25 000 individue aanhierdie kompetisie
deelneem het!
Ouma
Amy was 45 jaar lank ‘n drama-onderwyseres en haar voordrag, toneelspel en
afrigting vir kunswedstryde was/is legendaries. Adam word afgerig deur syma, nóg ‘n drama-onderwyseres en mede-eienaar van Jack
in a Box Spraak en Drama in Northcliff, Johannesburg.
Die
appel val gewis nie ver van die boom nie!
[Die inligting vir hierdie berig is deur Adam
se ma, Lila Botha, voorsien.]
Baie geluk - dit is 'n groot prestasie. Diederick Reinecke
ReplyDelete