Pages

Sunday, 27 October 2013

Inwoners neem graag aan sport deel

Rolbal is 'n sportsoort wat deur heelwat Renaissance-inwoners beoefen word. Loraine Thomas (links) en Joey Labuscagne (regs) was lede van 'n vrouespan wat as wenners gekroon is in die Warmbad-rolbalklub se geslote driespel-kompetisie wat op 8 Oktober gehou is. Loraine woon in eenheid 44 en Joey, in eenheid 139.

[Uit: Die Pos, 25 Oktober 2013. Die Pos se hoofkantoor is in Bela Bela geleë. Dié koerant het vanjaar die ATKV-mediaveertjie verower as die beste plaaslike koerant in Suid-Afrika]

No comments:

Post a Comment