Alhoewel
die eerste inwoners hulle reeds op 1 April 1991 hier tuisgemaak het, het die
amptelike viering van ons oord se 25ste bestaansjaar eers op 22 April 2016
plaasgevind.
Die
bestuurskomitee het op sy vergadering van 31 Maart goedkeuring verleen dat
Cornelia Matthysen van Matthysen
Audiology voortaan op Dinsdae en sekere Donderdae ‘n lokaal in die
administrasiegebou as ‘n spreekkamer mag gebruik.