Die bestuurskomitee het op 25
Februarie die aanbevelings van die "feeskomitee" met betrekking tot
die kwarteeufeesviering van die oord op 22 April 2016, goedgekeur.
Die voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee,
Gerhard van Rooyen, het onlangs tydens die tradisionele jaarlikse bestuurskomiteebraai
die lof besing van verskeie inwoners wat nie in die bestuurskomitee dien nie,
maar wat stil-stil ‘n gewaardeerde bydrae tot die gemeenskapslewe van die oord
lewer.